

SKOOLSPORT
Laerskool Louw Geldenhuys lê klem op massadeelname om sodoende ‘n verskeidenheid sosiale en sportvaardighede by leerlinge te kweek. Afrigters streef ook daarna om ‘n gesonde sportmangees te ontwikkel.
ATLETIEK
Atletiek se doelwitte is die skep van optimale geleenthede en doelgerigte afrigting. Naellope, velditems en langafstand-items word afgerig.
KRIEKET
Ontwikkeling, groei en krieketetiket word aangewakker deur die krieketafrigters.
Mini-krieket
o/7- en o/8-leerlinge kan hieraan deelneem. Daar word met ‘n sagte bal geoefen.
Hardebalkrieket
Die o/9’s tot die o/13’s neem aan hierdie aktiwiteit deel.
LANDLOOP
Louwtjies word aangemoedig om fiks en gesond te wees en daarom word soveel moontlik leerlinge betrek by landloop. Atlete word een maal per week na ‘n geskikte terrein geneem om te oefen.
NETBAL
Die netbalafrigters wil liefde vir die sport by leerlinge kweek, balvaardighede vaslê en spelers help om die dissipline van ‘n spansport aan te kweek. Gesonde wedywering is belangrik.
Oefentye
Maandag- en Woensdagmiddae:
13:00-14:00: o/6, o/7 , o/8 en o/9
14:15-15:30: o/10-o/13
RUGBY
Louwtjies-rugby het ten doel om elke speler tot sy volle potensiaal te ontwikkel. Alle rugbyspelers kry dus ‘n gelyke kans om mee te ding en sy skool in rugby te verteenwoordig.
Rugby word aangebied vir alle ouderdomsgroepe vanaf o/6 tot o/13.
SWEM
Dalk net se LLG bied jaarliks n interhuiskompetie aan. Kontak kantoor vir meer inligting.




