
ONS IS LOUWTJIES
SKOOL TERMYNE
Skooltye
Grondslagfase: Graad R-3: 08:00 -13:00
Intersenfases: Graad 4-7: 08:00 -13:50
Kwartaaldatums
2020
Kwartaal 1: 15 Januarie 2020 - 20 Maart 2020
Kwartaal 2: 31 Maart 2020 - 12 Junie 2020
Kwartaal 3: 11 Augustus 2020 – 23 Oktober 2020
Kwartaal 4: 2 November 2020 – 15 Desember 2020
Skool begin volgende jaar - 25 Januarie 2021
Publieke vakansiedae
1 Januarie Nuwejaarsdag
21 Maart Menseregtedag
10 April Goeie Vrydag
13 April Familiedag
27 April Vryheidsdag
01 Mei Werkersdag
16 Junie Jeugdag
09 Augustus Nasionale Vrouedag
10 Augustus Vakansiedag
24 September Erfenisdag
16 Desember Versoeningsdag
25 Desember Kersdag
26 Desember Welwillendheidsdag
SKOOLDRAG
Skooldrag-leweransiers:
Montroux Schoolwear
Northcliff Corner
(011) 782-5796
Constantia Uitrusters
h/v Malibongwe rylaan en Rabiestraat
Fontainebleau
Randburg
(011) 791-1300
Burger Broers
159 Beyers Naude Dr
Northcliff
Randburg
(011) 782-1055
School & Leisure
Shop 74
Heathway Shopping Centre
Corner Beyers Naude & Castle Hill driveway
Blackheath
Tel: 011 431 0406
Email: cresta@schoolandleisure.co.za
SKRYFBEHOEFTES 2021
VISIE EN MISSIE
Visie
Laerskool Louw Geldenhuys streef na die ontwikkeling van:
-
entoesiastiese leerlinge;
-
passievolle onderwysers;
-
betrokke ouers.
Missie
Laerskool Louw Geldenhuys is ‘n skool met dinamiese rolspelers wat met vertroue, entoesiasme en ‘n positiewe ingesteldheid ‘n skool daarstel waar tradisie, struktuur en standaarde die hoogste prioriteit geniet.
PERSONEEL
Bestuur

Martin Bensch
Hoof

Ronell Gouws
Adjunkhoof
DPJ

Francois Putter
DPO

PR Strauss
DPS

Tina Calitz
DPS
Kantoor

Sharon Swanepoel

Maret Britz

Retha Bezuidenhout

Nadia Barnard
Addisionele Hulp

Ronel Barnard
Rekenaarsentrum

Jason Alberts
Student

Serena van Niekerk
Mediasentrum

Michael Wolhuter
Faktotum

Alet Jonker
Graad R

Cezanne Hill

Annake Hoogstad

Therina Pelser

Emelia Langedyk
Graad 1

Bonita De Kock

Suzaan Maree

Anri Marx

Anelle Vorster

Anita van der Westhuizen
Graad 2

Kyala van Aswegen

Anléh Müller

Jaunti le Roux

Delize Jordaan

Nerina van Eeden
Graad 3

Jolinda du Preez

Ronell Gouws

Cinthya Kayser

Carla Passmore

Nicolene Rademeyer

Anri Terblanche
Graad 4

Estelle Snyman

Nanette Germishuysen

Berti de Villiers

Leana du Toit
Graad 5

Aldiné Atkinson

Calinka Kotze

Tarquin Mulder
Graad 6

Maryke Fouché

Samantha Labuschagne

Serena van Niekerk

Rosanne Alberts
Graad 7

Betsie Dietrechsen

Dina Muller

Johan Brits

Jurgie Steyn
Opvoedkundige Sielkundige

Dr. Carla Bezuidenhout
BEHEERLIGGAAM
Die Beheerliggaam word saamgestel uit Louwtjie ouers en personeellede.
Ingevolge wetlike vereistes moet die Beheerliggaam die:
-
“belange van die skool bevorder en poog om die ontwikkeling daarvan te verseker deur die voorsiening van onderwys van gehalte aan alle leerders van die skool” en
-
“die prinsipaal, opvoeders en ander personeel van die skool ondersteun in die verrigting van hul professionele werksaamhede”.
Wat deur Laerskool Louw Geldenhuys se Beheerliggaam bevorder word is kwaliteitsbestuur en deursigtigheid. Die Beheerliggaam besef dat die voortgesette sukses van LLG afhanklik is van ouer-, personeel- en leerlingbetrokkenheid.
GESKIEDENIS
Laerskool Louw Geldenhuys het sy ontstaan gehad met die ontdekking van goud aan die Witwatersrand. Louw Geldenhuys het 'n groot skuur op sy plaas Braamfontein aan die Britse administrasie verhuur om 40 leerlinge te huisves. Die voertaal was Engels en die skool se naam “Braamfontein Government School”.
Weens die groeiende leerlingtal verskuif die skool in 1916 na 'n groter skuur op Louw Geldenhuys plaas te Linden. Die destydse regering bou 'n skool op die huidige perseel en die skool se naam staan bekend as die “Linden Government School”. In 1920 word Afrikaans ingestel naas Engels as medium van onderrig.
In 1936 verander die skool se naam tot die Louw Geldenhuys skool. Die skool is vernoem na Louw Geldenhuys wat die grond gratis geskenk het waarop die vorige skoolgebou, asook die huidige skoolgebou vandag nog staan. Verder weet ons ook dat hy groot finansiële bydraes gemaak het tot die skool asook gemeenskap. Die Louw Geldenhuys Skool huisves ook hoërskoolleerlinge tot in 1947 met die totstandkoming van Hoërskool Linden.
As gevolg van groeiende vraag na beide Afrikaans en Engels as onderrig taal, word 'n Engelse skool opgerig. Die Engelssprekende leerlinge is oorgeplaas na die nuwe Engelse Laerskool naamlik Franklin D Roosevelt Primary. Op sy vyftigste verjaarsdag in 1952 word Louw Geldenhuys Skool 'n volwaardige Afrikaanse skool met die naam Laerskool Louw Geldenhuys.
Die skool het dermate so gegroei dat 'n nuwe skoolgebou opgerig moes word. Die huidige skoolgebou is in 1965 betrek.
Sedert 1990 is die skool 'n Model C-skool wat vandag bekend staan as 'n artikel 21 skool. Tans voorsien die staat slegs 18 onderwysers, 2 admin. personeel en 2 algemene assistente. Die skool dra uit eie koste 'n verdere 22 onderwysers, 3 admin. personeel en 8 algemene assistente.
Die Laerskool Louw Geldenhuys vier vanjaar sy 114de bestaansjaar. Met 'n fondament gebou op 114 bestaansjare is Laerskool Louw Geldenhuys goed toegerus om die onseker toekoms met vertroue te trotseer
DIE LOUWTJIE
LLEGO PROJEK
Die LLEGO projek is ‘n projek wat binne die skool op verskeie sisteme fokus om emosionele ontwikkeling en ondersteuning te vestig. Ons beskou ons skool as ‘n liggaam wat uit verskeie sisteme bestaan wat bydrae tot die effektiewe funksionering van ons leerders. Die LLEGO verteenwoordig dus elkeen van hierdie sisteme:
L: Louwtjie
L: Leerders
E: Entoesiastiese Onderwysers
G: Gevestigde Waardes
O: Ouers
Vir nou spits die projek hom toe op Gevestigde Waardes en word ‘n karakterontwikkelingsprogram geloods wat fokus op ‘n spesifieke waarde. Maandeliks word ‘n waarde vasgelê met behulp van speletjies, aktiwiteite, stories en gesprekke. Ons waardes vir die jaar is deursettingsvermoë; betroubaarheid; eerlikheid & verantwoordelikheid; respek; gehoorsaamheid; samewerking; geduld; en erkenning.
FEBRUARIE: DEURSETTINGSVERMOË
Hierdie maand wil ons die beginsel van uithou en aanhou by leerders kweek. In ‘n samelewing wat uitdagings op verskeie vlakke bied, is ons doel om ons leerders se harte en gedagtes op so wyse te rig, dat hulle selfs in tye van uitdaging hul innerlike krag sal gebruik om te kan vasbyt. Dit is vir ons belangrik dat leerders dieselfde boodskap by die skool en by die huis ontvang ter versterking van die doel. Hiervoor word beide ouers en onderwysers se inspanning benodig. Ons wil met woorde aanmoedig en versterk en deur gesprek hierdie waarde by kinders vestig. Ook met ons dade wil ons voorbeelde stel van wat dit beteken om werklik te kan uithou en aan te hou, selfs wanneer dit opdraende gaan.
![]() | ![]() | ![]() |
---|---|---|
![]() | ![]() | ![]() |

Martin Gerber
Padpatrollie

Madelein van Antwerpen

Marlet Homan
Hoof se persoonlike assistent

Jeanette Lombard
