Die eerste-, derde- en vierde kwartaal is tennistyd en ongeveer 105 Louwtjies speel tennis omdat daar talle speelgeleenthede aan spelers gebied word en hulle ook die blootstelling aan wedstryde geniet .
Om elke Louwtjie wat in tennis belangstel die geleentheid te bied om deur middel van deelname die sport te leer ken, te geniet en sy / haar potensiaal te ontwikkel.
Om voort te bou op Laerskool Louw Geldenhuys se puik tennisprestasies van die verlede.
Om aan die Louwtjie-tennisspelers die nodige blootstelling te gee.
Minitennis
Junior seuns en dogters
Senior seuns en dogters
In die eerste kwartaal word Play Tennis privaat aangebied waar junior tennisspelers (van enige ouderdom) basiese balvaardighede asook groot motoriese vaardighede aanleer.
In die eerste kwartaal speel ons dubbels; gemengde dubbels in die derde kwartaal en enkelspele in die vierde kwartaal.
In die vierde kwartaal neem Louwtjies ook deel aan ‘n geslote tennisliga teen Laerskool Fairland, – Kenmare en –Unika.
‘n Privaat tennisafrigter help al die spanne in spanverband en dis ‘n groot bonus vir Louwtjie-tennis.
Vir die senior seuns en - dogters is daar geleentheid om aan die Debonairs-tennistoernooi in Bethlehem in die Vrystaat deel te neem.
November is dit tyd vir tenniskampioenskappe. Dit bied ‘n wonderlike geleentheid aan die tennisspelers om verdere wedstrydblootstelling te kry en te wys dat hulle die sport geniet. Eksterne skeidsregters word tydens die kampioenskappe gebruik en elke speler word met ‘n trofee vir deelname beloon.
6 goedtoegeruste tennisbane
2 oefenhokke met tennismure
Die entoesiastiese Louwtjie-personeel wat betrokke is by die afrig van tennis help ook om spelers in die verskillende ouderdomsgroepe vir tennisoefeninge en ligawedstryde te organiseer.
‘n Professionele afrigter doen op Vrydagmiddae privaatafrigting op die skool se tennisbane en die personeel help hier met verwysing van spelers na die top privaatafrigters. Baie van Louwtjie se voorste tennisspelers is ook in hulle privaathoedanigheid hier by die afrigting betrokke. Deel van hierdie tennisafrigting is die aanleer van sosiale vaardighede asook tennisetiket.
| |
|
(graad 4 & 5) |
Dina Muller |
| |
|
(graad 4 & 5) |
Nerina Delport |
| |
|
(graad 6 & 7) |
Riëtte Genis |
| |
|
(graad 6 & 7) |
Amanda Coetsee |
| |
|
Tenniskoördineerder Amanda Coetsee
Professionele tennisafrigter Ludolf Smuts wat juniors en seniors help Sel nommer:
076 686 9004 met vaardighede |
| |
|
|