Louwtjies-rugby streef om elke speler by die sport te betrek.
Elke speler kry ‘n gelyke kans om mee te ding en sy skool in rugby te verteenwoordig.
Louwtjie-rugby poog om elke speler tot sy volle potensiaal te ontwikkel.
Die skool beskik oor twee rugbyvelde wat vir oefening en wedstryde gebruik word. Daar is twee skrummasjiene en bykomende toerusting soos kegels, dryfsakke, duiksakke en paalbeskermers.
Louwtjie-rugby word vir alle ouderdomsgroepe, van o/6 tot o/13 aangebied en daar word ook gepoog om soveel spanne as moontlik vir die liga in te skryf. Daar kan egter nie gewaarborg word dat daar ‘n B-span vir elke ouderdomsgroep gaan wees nie. Dit word bepaal deur die getal belangstellende spelers.
Die kwaliteit van Louwtjie-rugby kan gemeet word aan die feit dat ons die afgelope paar jaar aan die A-liga deelneem, saam met skole met meer as sewehonderd leerders, terwyl ons leerdertal heelwat minder is.
Louwtjie-spelers en afrigters laat hulself geld op die veld en op ander gebiede.
|
Voorsitter van Sentraal-rugby
Goue Leeu-keurder
Sekretaris en Tesourier van die Goue Leeus
Algemene organiseerder van Cravenweek 2007
Dien op Goue Leeus se dagbestuur |
| |
|
Voorsitter van Goue Leeus-skeidsregtervereniging
Dien op Goue Leeus se dagbestuur |
| |
Sekretaris van Sentraal-rugby
Keurder by Goue Leeus
Afrigter van streekspan |
| |
|
| Louwtjies het ook twee Provinsiale afrigters gelewer en die afrigters gaan gereeld vir opleidingskursusse. |
| |
|
Francois Putter
Welpierugby vir o/6; o/7 & o/8.
Vyftienmanrugby vir ouer seuns van o/9, o/10, o/11 en Eerste en Tweede span.
|