Doelwit:
om liefde vir die sport te kweek
balvaardighede vas te lê
spelers help om die dissipline van ‘n spanspel aan te kweek
gesonde wedywering

Afrigting:
Die Louwtjie-personeel is verantwoordelik vir die afrigting van netbal en daar is tans 17     personeellede betrokke by die afrigting. Afrigters is goed opgelei om af te rig en is almal     gegradeer om te skeidsreg.
Oefentye is Maandae en Woensdae vanaf 14:00 tot 15:00 vir die senior dogters en 13:00 tot    14:00 vir die o/6’e; o/7’s en o/8’s.
Wedstryde word op Woensdae gespeel
Saterdae kan spelers aan verskeie netbaldae deelneem.

Fasiliteite:
LLG beskik oor sewe weervaste bane asook addisionele losstaande doelpale.
Balle sowel as netbalbeffies word deur die skool verskaf.

Resultate:
Louwtjies se netbalspanne vaar goed in die verskillende liga’s en in die uitspeelwedstryde. Gewoonlik eindig ons onder die eerste drie spanne in die D10-kompetisie. Van ons spanne dring ook deur na die Gauteng toernooie.

Netbalorganiseerder:
Ronell Gouws – Nasionale skeidsregter en Gauteng afrigter

Laerskool Louw Geldenhuys 2007