By Louwtjies poog ons om aan alle seuns die geleentheid te bied om krieket te speel. Daarom is daar mini-krieket vir seuns in die ouderdomsgroep o/7 en o/8 waar daar met ‘n sagte bal geoefen word. Vanaf o/9 tot o/13 speel die seuns hardebalkrieket in die Johannesburgse Noordwesstreek.
In die junior spanne – dit is tot en met o/11, roteer die spelers sodat elkeen die kans kry om te boul en te kolf. So word ontwikkeling en groei aangewakker.
Krieketetiket is net so belangrik tydens die afrigtingsproses om Louwtjie-krieketspelers van formaat vir die toekoms te ontwikkel.
Cedric Clark
|