Die amptelike sportsoorte waarin leerders afgerig word is:

atletiek
rugby
krieket
netbal
tennis
landloop

Louwtjies neem met groot sukses deel aan die senior provinsiale ligas vir laerskole in hierdie afdelings.

Nie-amptelike sportsoorte wat tans deur privaatpersone aangebied word, is:

hokkie
swem

Die skool se amptelike sportbeleid bepaal dat die klem op massadeelname is en leerders word dus betrek om ‘n verskeidenheid basiese sosiale- en sportvaardighede aan te kweek. Die aanleer van liggaamlike koördinasievaardighede binne spanverband, asook die kweek van goeie gesonde sportmangees vorm die grondslag. Afrigters het dit ook ten doel om deelnemers te lei in die positiewe verwerking van sportdruk. Hoewel wen dus nie die oorheersende motief is nie, word daar hard gewerk om sukses te behaal.

Ons by LLG glo dat hierdie gebalanseerde benadering uiteindelik daartoe bydra dat Louwtjies besondere, gebalanseerde kinders die samelewing instuur.

Teneinde goeie sportmangees en deelname onder leerders aan te moedig word gereeld erkenningsaande aangebied.

 
 
Laerskool Louw Geldenhuys 2007