Enige leerder wat aansoek doen om toelating by Laerskool Louw Geldenhuys, is aan die volgende voorwaardes onderworpe:

Hulle moet hulle vereenselwig met die skool se etos soos uitgespel in die skool se    missieverklaring en dit uitleef;

Ouderdomsvereiste en minimum skolastiese vorderingspeil;

 Elke ouer/voog is aanspreeklik (soos bepaal in die Suid-Afrikaanse Skolewet, no. 84 van     1996) vir die betaling van skoolgeld soos bepaal deur die beheerliggaam en wat van tyd tot     tyd hersien mag word. Betaling hiervan is ooreenkomstig die invorderingsterme soos     neergelê deur die beheerliggaam.

 Hulle moet voldoen aan die skool se reëls en regulasies soos bepaal word deur die     beheerliggaam, in besonder die reëls in verband met skooldrag.

 
 
 
 
Laerskool Louw Geldenhuys 2007