Waar dof die stadsrumoer verruis
en voorjaars nog die boorde bloei,
hier het ons skool Louw Geldenhuys
uit vrugbaar aarde skoon gegroei

Ons sing en lag en werk en leer
ons ouers en volk te eer,
ons taal te handhaaf en te bou
op ons verlede was en trou

Laat soos die bome ons steeds weer
die son sien breek uit elke wolk,
en in die toekoms, gee, o Heer,
vrug op ons arbeid vir ons volk

 

 
 
 
 
Laerskool Louw Geldenhuys 2007