|
1. Skoolgelde vir Gr. 1 tot Gr. 7 beloop R9 730-00 per leerder per jaar. Indien u voor 5 Februarie ten volle betaal het, sal ‘n korting van R500-00 toegestaan word. Die bedrag is dus R9 230-00.
2. Skoolgelde vir Gr. R beloop R10 600-00 per leerder per jaar. Indien u voor of op
5 Februarie ten volle betaal word ’n korting van R500-00 toegestaan en is die bedrag dus R10 100-00.
3. Nuwe inskrywings later in die jaar, se skoolgelde word pro-rata aangepas.
Alle nuwe inskrywings later in die jaar moet tydens inskrywings ten minste een maand se skoolfonds vooruit betaal, asook die betalingsooreenkoms invul.
- Gr R : R1 060-00
- Gr 1-7 : R 973-00
4. Skoolgelde kan ook afbetaal word oor 10 maande en is betaalbaar tot
1 November 2010.
- Gr R: R1 060-00 per leerder per maand tot 1 November.
- Gr 1-7: R 973-00 per leerder per maand tot 1 November.
Gr R en Gr 1 ouers betaal ’n voorskot op skoolfonds van R500 per leerder voor of op 30 November 2009 vir 2010.
Die leerder se skoolfondsrekening sal vir Januarie 2010 met hierdie bedrag gekrediteer word.
5. Alle skoolgelde moet asseblief teen 1 November afgehandel wees.
6. Persone wat hulle skoolgelde by wyse van debietorder betaal, se betaling geskied oor 10 maande - Februarie tot November.
- Gr R: R1 060-00 per leerder per maand tot 1 November.
- Gr 1-7: R 973-00 per leerder per maand tot 1 November.
7. Die volgende wyses van betaling word aanvaar:
- Tjek
- Kredietkaart (Master/Visa)
- Debietkaart
- Kontant
- Debietorder
8. Die Beheerliggaam sal bereid wees om aansoeke van betaling van skoolgelde op ‘n verminderde skaal te oorweeg. Dit sal slegs van toepassing wees op skoliere wie se ouers (voogde) wesenlik behoeftig is. Die nodige aansoekvorm om betaling van skoolfonds op ‘n verminderde skaal is by die hoof beskikbaar en moet voor of op
29 Januarie 2010 by die hoof ingedien word.
Geen aansoeke vir verminderde betaling word by Gr. R-leerders toegelaat nie.
9. Ouers/voogde wat verkies om skoolgelde by wyse van paaiemente te betaal, sal maandeliks ‘n rekeningstaat ontvang, waarop betalings en die betrokke uitstaande saldo aangedui word.
|