Die skool en fasiliteite word beskerm deur doeltreffende sekuriteitsomheinings en toegangsbeheer.
Goddfrey, die sekuriteitswag is Maandag tot Vrydag aan diens vanaf 06:00 tot 18:00.
Vir sekuriteitsredes word die motorhek in Derdelaan (wat toegang tot die vierkant verleen) gesluit gehou tot 16:00.
Tot en met 16:00 is die enigste toegang deur die voorhek, wat deur die sekuriteitswag beman word.
Om 17:00 word die voorhek gesluit en dan is die enigste toegang deur die motorhek tot by die vierkant, waar die sekuriteitswag saam met die leerders wag.
Leerders word nie toegelaat om buite die hekke vir ouers / voogde te wag nie.
|