Doelwit: Fondsinsameling
Verantwoordelike persoon: Serena van Niekerk
Tel: 011 782 5443
Die My School Card is ‘n passiewe manier om fondse vir LLG in te samel. Deur net die kaart tydens aankope by sekere deelnemende winkelgroepe te toon, word ‘n persentasie van die geld wat gespandeer is aan die skool oorgedra.
Gereelde omsendbriewe sal jou op hoogte hou van inkomstes en die name van gesinne wat die meeste geld vir die skool inbring word ook so gepubliseer.
Aansoeke vir nuwe kaarte word jaarliks uitgedeel of jy kan op die MY SCHOOL CARD webwerf aansoek doen vir ‘n kaart. Onthou om Laerskool Louw Geldenhuys as die begunstigde aan te dui op jy vorm asseblief.
Vriende and familie kan ook aansoek doen vir ‘n MY SCHOOL CARD! Besoek die MY SCHOOL CARD webwerf vandag om almal te registreer.
|