’n Ryk geskiedenis en enkele mylpale

1902 LLG gestig met 40 leerlinge in ‘n skuur op die plaas van Louwrens Geldenhuys. Die skool se voertaal is aanvanklik Engels en is as ‘Braamfontein Government School’
   
1916 Die skool verskuif na Linden en die naam verander na ‘Linden Government School’
   
1920 Afrikaans is ingestel as die medium van onderrig vir Graad 1 tot Graad 4
   
1928 Op 31 Mei is die nuwe kompromis landsvlag by die ‘Linden Government School’ gehys

Linden omgewing is nou ‘n gevestigde hoewegemeenskap waar veral met perskes geboer is
   
1936 Die skool se naam verander na Louw Geldenhuys Skool
   
1952 Die skool word ‘n volwaardige Afrikaanse skool met die naam verander na Laerskool Louw Geldenhuys
   
1965 Die huidige skoolgebou word in 1965 betrek
   
2002 Laerskool Louw Geldenhuys vier sy eeufees
   

 

 
 
 
 
Laerskool Louw Geldenhuys 2007