Vir ons as hoof en onderwysers by Laerskool Louw Geldenhuys is balans die grondslag van alles: gees, verstand en liggaam moet in harmonie en in totaliteit ontwikkel word. Daarom is dit die visie van die hoof en sy personeel om elke kind in sy geheel te ontwikkel deur ‘n gesonde balans tussen die voorgeskrewe kurrikulêre en buitemuurse aktiwiteite te handhaaf. Die onderwysers, in oorleg met die beheerliggaam, streef daarna om die inhoud, omvang en aanbieding van die skoolleergang deurgaans te meet aan die hoogste standaarde.

Met die instelling van ‘n landswye eenvormige minimum onderwysstandaard, het die beheerliggaam, in oorleg met die hoof en personeel, in beginsel besluit dat daar nie van die huidige standaard van uitnemendheid by Louwtjies afgewyk sal word nie. ‘n Stelsel van onderwysstandaardverdeling is geïmplementeer. Met die oog op die moontlike toekomstige verlaging in onderwysstandaarde weens die instelling van ‘n eenvormige minimum onderwysstandaard, het die Beheerliggaam in oorleg met die Hoof reeds in beginsel besluit dat daar nie durf afgewyk word van die huidige standaarde van onderrig by Louwtjies nie, maar dat daar eerder gekyk moet word na ‘n veredeling van onderwysstandaarde.

Laerskool Louw Geldenhuys is ‘n moderne, toekomsgerigte skool met ‘n ryk tradisie van uitstekende onderwys en buite-kurrikulêre aktiwiteite. Die skool is geanker in ‘n stabiele gemeenskap en beskik oor moderne onderrigfasiliteite en gemotiveerde onderwyspersoneel. Louwtjies is bevoorreg om ‘n gesonde balans tussen mans- en damespersoneel te handhaaf. Ons is trots om te kan sê dat LLG se personeel oor ‘n wye verskeidenheid professionele, kultuur- en sportafrigtingsvaardighede beskik.

 

 
 
 
 
Laerskool Louw Geldenhuys 2007