Laerskool Louw Geldenhuys het ‘n trotse en lang geskiedenis sedert sy ontstaan in 1902 en het ‘n belangrike rol in die vorming van duisende kinders oor die dekades gespeel. As lid van die huidige beheerliggaam is dit ‘n voorreg om die geleentheid te hê om iets te kan terugploeg in ‘n skool wat so baie in my persoonlike ontwikkeling beteken het.

Ek glo van harte dat elke kind wat by Laerskool Louw Geldenhuys sy of haar skoolopleiding begin, een van die beste geleethede kry om positief te groei op die lewenspad. Die skool se visie “Kinders met entoesiasme, onderwysers met passie. ouers met betrokkenheid” onderskryf presies die skoolomgewing wat leerders te wagte kan wees.

U kyk dus na ‘n skool met ryke tradisie wat diep spore getrap het op akademiese, kultuur en sportgebied. Alle aktiwiteite wat die skool bied of aanpak op hierdie gebiede word ondersteun deur ‘n strewe na uitnemendheid, maar belangrik, met ‘n gesonde balans, en inagenome van elke individu se uniekheid.

Ek hoop regtig dat Louwtjies ook vir U ‘n betekenisvolle ondervinding sal wees.

Beste Louwtjiegroete!

Geerit Berkenbosch
Voorsitter: Beheerliggaam



 
 
Laerskool Louw Geldenhuys 2007