Louwtjies is bekend vir uitstekende kulturele aktiwiteite waarmee ons poog om gebalanseerde kinders te vorm.

Ons junior koor (Louwtjie Outjies) vir Graad R tot 3 onder leiding van Marie Roux is ‘n fees vir elke jong stem. Louwtjie Outjies het al vier CD’s vrygestel en verskeie kere saam met bekende Suid-Afrikaanse kunstenaar soos Nianell, Elizabeth Fourie en Zane Meas van 7de laan opgetree. Die Louwtjie Outjies was ook finaliste in die ATKV-Liertoekenning en naaswenners in die Nasionale Tehila-kompetisie.

Die senior koor met Jaline Wimbles aan die stuur, is dinamies en bou voort op die ontwikkeling van besondere stemme, koordissipline en die holistiese vorming van Louwtjie-leerders.

Daar is skaak op Donderdae vir Graad R tot Graad 7 en vele jong skaakspelers van LLG het al met die louere weggestap. Daar is tans ses van Louwtjies se skaakspelers wat vir die NWR-span gekies is en Heinco du Plessis is as beste o/14-speler gekies. Eljeanie Wlke het ‘n medalje gewen tydens die Dames Ope Toernooi in Cresta.

Laerskool Louw Geldenhuys is jaarliks betrokke by die ATKV- redenaarskompetisie en staan verder sy man by die Interskole vasvra-aande waar leerders se algemene kennis getoets en uitgebrei word. Jaarliks oorheers Louwtjies met hulle deelname aan die Johannesburgse en Randburgse kunswedstryde. Hiermee word ‘n liefde vir die uitvoerende kunste gekweek.

Hoewel net een keer per kwartaal en vir senior leerders, is die CSV-aand ‘n hoogtepunt.

 
 
Laerskool Louw Geldenhuys 2007