By Louwtjies poog oms om van kleins af leiertjies te kweek. In ons klassituasie moet leerders leer om leiding te neem in groepsprojekte, by KDA en in klaskamerpligte. Selfs die heel kleinstes kry geleentheid om hul besigheidsvaardighede te beproef by ons gereelde vlooimarkte.

In die Intersenfase is die volgende spesifieke leierontwikkelingsgeleenthede beskikbaar:

Graad 4 leerders sorg vir die instandhouding en bedryf van die Klerebank saam met mev.     Mariana Germishuyse.

Die graad 6-leerders vorm ‘n staatmaker medieleiergroep saam met mev. Serena van    Niekerk. Hulle sorteer die boeke in die biblioteek, help met die voorsiening van
    media-apparaat soos projektors en monitors

Nog ‘n groep graad 6-leerders hanteer die skolierpatrolliediens saam met mev Annake     Hoogstad. Vroeg in die oggend, in wind en weer, is hulle aan diens.

Die graad 7-leerders vorm die rugraat van ons leierstelsel en hulle is die personeel se regterhand op vele gebiede:

Mev. Annatjie Groenewald is die leiervoogde, bygestaan deur mnr     Cedric Clark en mev.     Ronell Gouws.
Hierdie leiers is voorskool en tydens pouses verantwoordelik vir voorportaal- en     telefoondiens. Hulle tree op as skakelbeamptes.
Hulle verleen noodhulpdiens en terreintoesig tydens pouses.
Hulle help om die KDA-apparaat uit te sit en hou die kennisgewingbord op datum.
CSV-byeenkomste word deur hulle beplan en aangebied.
‘n Groep graad 7-dogters is verantwoordelik vir die pak van die netbalspelers se     verversings.
Die graad 7-leerders tree op as voorsitters, puntekontroleurs en tydhouers tydens die     ATKV- en interne redevoeringkompetisies.
Die graad 7-leiers open oueraande en neem ook waar by ander geleenthede.
Hulle sorg eiehandig vir die voorbereiding en bediening van tee en koffie by oueraande en     ander skoolgeleenthede.
Hulle reël en koördineer die entrepreneursdae
Tree op as aanbieders en seremoniemeesters by die modevertonings.
Hulle help in die snoepie
Hulle is ook koorleiers.

 
 
Laerskool Louw Geldenhuys 2007