Ons revue vir 2007 se title is Louwcal is Lekker.

En aangesien dit net elke vyf jaar gebeur, is hierdie weereens ‘n reuse spanpoging waar al die Laerskool Louw Geldendhuys-leerders, vanaf graad R tot graad 7, betrek word.

Musiek en temas, eie aan ons land en omgewing, word deur die kinders aangebied. Kinders en onnies is hard aan die oefen en die openingsaand is op 30 Augustus met die speelvak tot 7 September.

Gemeet aan die entoesiasme waarmee almal dit aanpak, gaan hierdie revue vol sale trek.

 
 
Laerskool Louw Geldenhuys 2007