Doelwitte:
In Louwtjie-skaak is elke kind ‘n wenner!

Dit maak nie saak op watter vlak jy speel nie, skaak leer jou om te konsentreer en jy leer van oorsake en gevolge. Jy leer om vooruit te dink en te beplan. Jy leer om besluite te neem, logies te redeneer en lateraal te dink.

In skaak gebruik jy visueelruimtelike geheue en ruimtelike persepsie. Elke skaakspel vereis deursettingsvermoë en volharding. En tydens die intense een-op-een kompetisies word sosiale vaardighede en emosionele intelligensie verfyn.

Skaak is ‘n internasionaalerkende sport waar jy al die voordele van ‘n sportdeelname kry:’n gesonde verstand, selfbeeld en selfvertroue.

Omdat die voordele wat mens by skaak leer vir die res van jou lewe en op elke vlak van jou lewe voordele inhou is dit vir ons belangrik dat daar in Laerskool Louw Geldenhuys ‘n plekkie vir elke kind in die skaakklas is.

Almal is welkom want enigeen kan leer skaak speel.

Daar is altyd ‘n maat wat wag om saam met jou te speel.

Koördineerder:
Glynis Hollenbach & Lee van Niekerk


 
 
Laerskool Louw Geldenhuys 2007