Deur die aanleer van verskeie kunstegnieke word ‘n belangstelling in die visuele kunste bevorder
‘n Sterk kunsgrondslag word geskep deur middel van blootstelling aan verskillende kunsvorms.
Kreatiwiteit, oorspronklikheid en belangstelling in die visuele kunste word gekweek.
Kunsklasse word op Vrydae vanaf 14:00 in die skool se kunsklas aangebied.
Alle kunsmateriaal word voorsien, dus hoef leerder niks self aan te skaf nie.
Tina Calitz is die kursusaanbieder.
Verskeie kunstegnieke en – style word behandel, onder andere verf, papier-mâché; teëlplakwerk (mosaiek), fotoplakwerk (collage), teken, kralewerk, handewerk en drukwerk.
|