Dramaklasse word elke Vrydagmiddag deur Mia van Heerden aangebied.
14:00 – 15:00 graad 1 – 3 (Juniors)
15:00 – 16:00 graad 4 – 7 (Seniors)
R35 per leerder per klas.
Om leerders op ‘n informele manier aan sommige basiese dramavaardighede bekend te stel.
Om selfvertroue te bevorder word daar gereeld geleenthede geskep waar leerders voor hul maats optree.
Om stemgebruik (elokusie) te ontwikkel
Om te leer om ‘n vertolking te kan doen.
Om kreatiwiteit te bevorder.
Onvoorbereide improvisasies, mimiek, stemwerk, kreatiewe speletjies, groepswerk, konsentrasie, ontspanningsoefeninge en artikulasie vorm alles deel van die afrigtingsproses. Daarby word leerders kreatief gestimuleer om self met idees vir ‘n opvoering of konsert na vore te kom. Tydens elke les word sekere vaardighede verduidelik en met ‘n oefening bevestig. Daarna kry leerders die geleentheid om die spesifieke vaardigheid in ‘n toneeltjie te verwerk.
Dramaklasse word in die skoolsaal aangebied. Dit bied nie net die regte akoestiek nie, maar het genoeg spasie en gee leerders die geleentheid om op ‘n verhoog voor ‘n gehoor op te tree.
|