Balletklasse vir graad R’e tot graad 7’s word in die middae, by die skool, deur Marietha du Preez aangebied.
Die basis van die opleiding is in die Royal Academy of Dancing-metode wat wêreldwyd aangebied word. ‘n Internasionale eksaminator kom spesiaal na Suid-Afrika om balleteksamens af te neem en hierdie kwalifikasie word internasionaal erken.
By Marietha se Balletklasse word leerlinge ook voorberei vir verhoogoptredes by kunswedstryde en skoolgeleenthede.
Ballet bevorder kreatiwiteit, musikaliteit en waardering vir dans as kunsvorm. Die fisiese vereistes vir ballet versterk ook koördinasie, spiertonus en postuur.
Elke leerling word aangemoedig om haarslef as ‘n ware ‘Ballerina’ te sien.
:
011 782 5442 of 083 701 2954
|