By die redevoeringkompetisies kry elke Louwtjie die geleentheid om hul sê te sê.
Leerders wat belangstel om redevoeringstegnieke te ontwikkel word elke jaar vir die Kunswedstryd ingeskryf. ‘n Groep van die beste redevoerders neem ook elke jaar deel aan ‘n interskole-kompetisie met Laerskool Fairland, -Roodekrans en –Dr Havenga.
Jaarliks in November word ‘n interne redevoeringkompetisie aangebied waartydens die redevoerder van die jaar in elke graadgroep bepaal word. Dit is in voorbereiding vir die ATKV se redevoeringskompetisie. Die ATKV-redevoeringkompetisie is ‘n jaarlikse gebeurtenis op die Louwtjie-kalender en drie leerders van graad 1 tot 3 en vier leerders van graad 4 – 7 word gekies om deel te neem.
Daar word jaarliks aan die ATKV-kompetisies deelgeneem en die Louwtjies presteer besonder goed.
Annetjie Groenewald
|