Laerskool Louw Geldenhuys Musieksentrum het in 1971 ontstaan met twee leerkragte en sestig leerlinge. In 1998 word die musiekskool geprivatiseer onder die bekwame leiding van Joan Viljoen en is daar 8 leerkragte en 120 leerlinge.
Op 26 Julie 2000 word dit amptelik Louw Geldenhuys Musiekskool / Music School en trek hulle na die nuwe lokaal in die ou Linden Poskantoor op die hoek van 8ste Straat en 3de Laan, Linden. Die naam het ook nou verander na Linden Musiekskool / Music School.
Vandag het die musiekskool 160 leerlinge, 16 musiekonderwysers en ‘n voltydse sekretaresse.
Hier word talle musiekinstrumente beoefen en studente kry die geleentheid om aan musiekaande en –konserte deel te neem.
Linden Musiekskool streef daarna om:
elke student se musikale talent na die beste van sy/haar vermoë te ontwikkel
‘n liefde vir musiek te kweek wat ‘n lewenslange vreugde gaan bied.
‘n omgewing te skep waar elke student sy of haar musiekopvoeding kan geniet en uitleef.
Optreegeleenthede te skep deur middel van gereelde konserte en kunswedstryde.
Elke student die geleentheid te gee om praktiese sowel as teoretiese eksamens af te lê
wat plaaslik aangebied word of internasionaal erken word.
Vir studente die geleentheid te skep om aan ‘n verskeidenheid ensemble en/of orkeswerk deel te neem.
Individuele onderrig word in die volgende instrumente gegee:
Blokfluit
Dromme
Harp
Houtblaasinstrumente
Keyboard
Kitaar
Koperblaas
Klavier
Sang (klassiek en ligte musiek)
Snaarinstrumente
Groepwerk sluit in:
Musiekteorie tot Gr 7 en ensemble- en orkeswerk in Klassieke- en ligte musiek.
Almal is welkom – vanaf voorskool tot volwassenes. Nuwe leerders word dadelik geplaas.
Daaglikse navrae oor inskrywings en kostes:
011 782 1913 vanaf 13:00
e-pos: lgmusiekskool@worldonline.co.za
|