Die Tina Cowley-leessentrum is ‘n landswye franchise en hier is een op die Laerskool Louw Geldenhuys se skoolterrein. Die leessentrum se doelwit is nie net om aandag aan leerders se leesvaardighede te gee nie, maar ook om die leerder se selfbeeld te versterk in terme van sy/haar lees-, begrip- en spelvermoë.

Die program fokus op twee afdelings:

Leesprofiel: onder andere leesspoed en begripsresultate
Basiese vaardighede: onder andere persepsuele – en geheue vaardighede.

Fooie:

Let wel: voordat leerders by die sentrum kan inskryf moet ‘n leesassessering eers gedoen word.

Toetsingsfooi R200

1 kind R280 per maand
2 kinders R520 per maand
3 kinders R760 per maand

Klastye:

Uur en ‘n half-sessies, een maal per week.
Maandae 15:00 – 16:30 en 16:30 – 18:00
Dinsdae   15:00 – 16:30 en 16:30 – 18:00
Donderdae 14:45 – 16:15
Die sentrum is ook gedurende vakansies oop.

Navrae:

Carla Bezuidenhout:  082 563 0351
Sakkie Theunissen:   082 780 8131

 
 
 
 
Laerskool Louw Geldenhuys 2007