‘n Volledig-toegeruste mediasentrum is beskikbaar.

Doelwitte:
bevordering van lees
bronne vir naslaanwerk
verbreed kennis deur ‘n liefde vir lees te kweek

Fasiliteite:
Multimediarekenaars en –programme word gebruik ter ondersteuning van die sentrum. Die oogmerk is om oor tyd hierdie multimediafasiliteit binne vakverband in elke klaskamer te installeer.

Tye:
7:00 – 7:30 vir alle leerders
tydens tweede pouse
na skool tot 15:00 (uitsluitend Vrydae)

Junior leerders kom saam met registeronderwysers om boeke uit te neem. Hulle word aangemoedig om voor en na skoolure self deur tydskrifte en Guinness World of Records te kom lees.

Senior leerders het toegang voor en na skool en tydens tweede pouse.

Personeel:
Onderwysers maak van verskillende bronne gebruik tydens lesaanbiedings: Verskeie apparate soos video- en CD-masjiene, radio/CD-spelers en skyfieprojektors is vir klasgebruik beskikbaar.

Verantwoordelike persoon:
Serena van Niekerk

Medialeiers:
Medialeiers word jaarliks aangestel uit die Graad 6 groep om in die mediasentrum te help met die verspreiding, beheer, organisasie en inneem van mediavoorraad.

 
 
Laerskool Louw Geldenhuys 2007