(Kids Development Academy)

Die leerplan van die ‘Kids Development Academy’ word aan al die leerders gebied. Dit vorm deel van lewensoriëntering.

Die fisiese program beklemtoon die ontwikkeling van leerders se intellek, fisiese-, sosiale- en emosionele ontwikkeling.

Beweging is ‘n belangrike factor wat breinontwikkeling stimuleer. Die vermoё om te redeneer, te konsentreer en om te onhou word ook bevorder.

Leerders word blootgestel aan verskillende sportsoorte soos netbal, rugby, sokker, krieket, hokkie, atletiek en gimnastiek. Programme met stimulerende apparaat word aangewend vir motoriese ontwikkeling, konsentrasie en leesvaardighede.

 

 
 
Laerskool Louw Geldenhuys 2007