Doelwitte:
Future Kids sluit die rekenaarwêreld vir jou kind oop deur hulle gereeld aan inligtingstegnologie bloot te stel. Volledige rekenaargeletterdheidsprogramme word met passie en op logiese wyse aan die leerder oorgedra.

Future Kids vorm ‘n uitstekende grondslag vir toekomstige opvoeding en opleiding.

Future Kids is toekomsgerig, doen voortdurend navorsing en pas programme aan om in nuwe behoeftes te voorsien.

Fasiliteite:
Volledig toegeruste rekenaarsentrum met twintig Pentium 4-rekenaars.

Verantwoordelike persoon:
Ronel Barnard

Tye:
07:40 – 13:45
Die Futurekids-leerplan (rekenaargeletterdheidsklasse) word aan elke leerder gebied en die koste is reeds by die skoolgeld ingesluit.

14:00 – 16:00
Addisionele hulpverlening

Vir meer inligting besoek:
www.skillspro.co.za
www.futurekids.co.za
http://skillspro.blogspot.com

 

 
 
Laerskool Louw Geldenhuys 2007