Laerskool Louw Geldenhuys se akademie is van ’n hoogstaande gehalte.
Die skool bied al die voorgeskrewe leerareas aan wat verpligtend is. In die Grondslagfase is daar drie naamlik, Tale, Wiskunde en Lewensoriëntering. By die Intersenfase is daar agt leerareas naamlik Tale, Wiskunde, Lewensoriëntering, Natuurwetenskap, Sosiale Omgewingstudie, Ekonomiese Bestuurswetenskap, Tegnologie en Kuns en Kultuur.
Afrikaans is die voertaal van die skool en Engels word as tweede taal aangebied. In Graad 7 word Engels as eerste taal aangebied.
Gedurende die jaar word daar vanaf Graad R tot Gr. 7 gestandardiseerde toetse afgelê om ons standaard te meet. Louw Geldenhuys het in 2006 die Internasionale UNS toetse in Engels en Wiskunde afgelê en wonderlik presteer. Heelwat pryse is ingepalm.
Die kind word hollisties gevorm (opgevoed) en daarom word die liggaamlike ontwikkeling ook aangespreek. Die skool bied die KDA-program aan waar liggaamlike vermoëns ontwikkel word. (Ingesluit by skoolfonds).
Daar word ook klem gelê op tegnologiese ontwikkeling. Daarom het die klasse vanaf Gr. R tot
Gr. 7 'n uur rekenaargeletterdheidsopleiding. (Ingesluit by skoolfonds).
In die Intersen fase word daar kwartaalliks 'n toetsreeks gedoen om ook goeie leergewoontes by leerders aan te kweek. Twee maal per jaar in Junie en November is daar 'n amptelike eksamen. Vanaf Gr. R tot Gr. 7 word daar gebruik gemaak van kontinue assessering.
Die Rekenaarsentrum funksioneer ook as 'n hulpverleningsentrum vir leerders wat leergeremdhede beleef in veral Tale en Wiskunde. Die diens word gratis aangebied.
Daar is ook 'n geprivatiseerde Tina Cowley leessentrum op die skoolgronde wat leerders help met leesvaardighede.
Louw Geldenhuys se leerders word so ontwikkel en gevorm dat hulle by die veranderde wêreld aanpas en die hoërskooljare met entoesiasme kan aanpak.
|