|
 |
Louwtjies is ‘n bekende baken in die voorstad Linden met ‘n ryk tradisie: 2002 het ons makietie gehou met ons Reuse-eeufeesvieringe. |
 |
Ons onderrig is van hoogstaande gehalte, gegrond op Christelike waardes en norme. |
 |
Ons is trots op ons onderwysers wat doelgerig werk om elke leerder tot volle potensiaal te ontwikkel |
 |
Die skool het ‘n bestendige leerlingtal van ongeveer 650 leerders. Die gevolg: klein klasse van nie meer as 30 leerders per klas nie. |
 |
Ons akademiese standaard is uitmuntend. |
 |
Graad R en Gr.1-klasse is nooit meer as 25 leerders per klas nie met personeel wat weet hoe om in dié outjies se behoeftes te voorsien. |
 |
‘n Groot verskeidenheid sport word aangebied soos atletiek, rugby, netbal, krieket, tennis, hokkie vir Gr 4 to 7, swem en landloop. Massadeelname word altyd bevorder en ons is trots op ons uitstekende prestasies.
|
 |
Louwtjies bied ‘n kultuurryke omgewing met skaak, junior en senior kore, redenaars, vasvrae, CSV, voortrekkers en ballet. |
 |
‘n Geprivatiseerde musiekskool is gevestig op die skoolterrein met onderrig in verskeie musiekinstrumente. |
 |
Ons bied Futurekids-rekenaaronderrig vir almal van Graad 1 tot Graad 7 tydens skoolure. Gelde is by die skoolfonds ingesluit. |
 |
Ons bied gratis hulpverlening deur middel van rekenaars aan enige leerder wat herronderig benodig. |
 |
Ons naskoolsentrum funksioneer tot 17:00 elke dag met vasgestelde tye vir huiswerk onder toesig. |
 |
Ons skoolterrein en sportgeriewe is goed versorg - elke Louwtjie se trots. |
|